独立屋 | 拍卖
Pragtige sandsteen huis wat soos n sprokie in Fouriesburg se strate pronk. Hout vloere en hout deure om jou aan die verlede te laat dink, maar in meer n moderne huis, met pragtige groot vensters. 'n Kaggelvuur vir die koue winters. Onderdak braai area langs die kombuis, om jou dag in die platteland af te sluit. 'n Entjie verder in die gevestigde tuin, wandel jy na die boma area waar jy ure onder die sterre kan sit en gesellig verkeer. Die pragtige huis, bied 'n geleentheid om 'n ekstra inkomste te verdien wat reeds as 'n gastebedryf dien. Perfekte plek om dadelik in te trek... Skakel my gerus vir eniege verdere navrae.