Retirement Unit | 拍卖
Netjiese 2-slaapkamer eenheid te koop in Die Oog Aftree Landgoed – Naboomspruit Hierdie pragtige en baie netjies onderhoude grasdakeenheid bied alles wat u nodig het vir gerieflike, sorgvrye aftree-leefstyl. Die huis beskik oor 2 slaapkamers met baie ingeboude kaste, sowel as 'n ruim kombuis met volop kasruimte – ideaal vir diegene wat steeds graag kook of bak. Die eenheid is in uitstekende toestand – reg om in te trek, geen opknappings of moeite nodig nie! Dit het 'n eie moter afdak en 'n knus tuintjie, perfek vir diegene wat steeds met hul hande in die grond wil vroetel of net rustig wil ontspan in hul eie buite-spasie. Die netjiese ingeboude braai wat privaat is, verseker heerlike kuiers om die braaivleisvuur en menige rustige aande. Die ligging is uitstekend – stapafstand vanaf die eetsaal, aktiwiteitsaal en die bekende warmwater swembad. Die Oord bied 'n aktiewe leefstyl met aktiwiteite soos jukskei, water-aerobiese oefeninge, lyndans, Pilates en meer – alles in lyn met Die Oog se leuse van “aktiewe veroudering.” Hierdie is die ideale woning vir 'n enkelpersoon of paartjie wat wil afskaal sonder om aan leefkwaliteit of ruimte af te slaan. Moenie hierdie geleentheid misloop nie – kontak ons vandag vir 'n besigtiging!