独立屋 | 拍卖
2 Slaapkamer Huis te koop in Orania
Juweel van 'n plekkie! Pragtige 2 slaapkamer huis te koop in Orania! Huidiglik bekend as die "dwergie-huis" (LW. dwergies nie ingesluit nie).
Die huis beskik oor 2 ruim slaapkamers, albei het toegang tot die stoep. Hoofslaapkamer beskik oor 'n inloopkas, badkamer met 'n groot stort en toilet. Kombuis beskik oor 'n inloopspens, opwasarea en vorm deel van die eetkamer/leefarea. Aparte waskamer.
Daar is twee uitgestrekte stoepe weerskante van die huis, albei onder dak en toegemaak. Dubbelmotorhuis en 'n 6m skeepsvraghouer vir stoorspasie.
Pragtige versorgde tuin met heelwat vrugtebome. Groot Appelkoosboom, Kweperbome, perskebome en nog meer! Besproeiing by elke boom. Groot oop erf spasie met baie potensiaal!
!! Verblyfreg vereiste !!