Free Standing House | Sale
Netjiese en gerieflike 3-Slaapkamer Huis met in Veilige Golf Park Kompleks – Naboomspruit Hierdie pragtige siersteenhuis in die gewilde Golf Park-kompleks bied die ideale kombinasie van ruimte, gerief en styl. Die woning beskik oor drie ruim slaapkamers, elk met en-suite badkamers, wat privaatheid en gerief vir elke gesinslid of gas verseker. Die hoofslaapkamer het ‘n en-suite badkamer met bad, wasbak en toilet, terwyl die gastekamers toegerus is met stort, wasbal en toilet. Die oorspronklike dubbelmotorhuis is professioneel omskep in ‘n uiters ruim slaapkamer met sy eie badkamer (toilet, stort en wasbak), ideaal vir ‘n tiener, ouer persoon of selfs ‘n tuiskantoor. Die huis het ‘n oopplan-leefarea wat die sitkamer en eetkamer insluit – perfek vir vermaak en gesinslewe. Die kombuis is ‘n uitblinker met soliede houtkaste en ‘n losstaande eiland op wiele wat beide styl en funksionaliteit bied. Die toegeboude stoep agter die kombuis kan dien as ‘n afsonderlike opwas- en wasarea – ‘n slim oplossing wat jou kombuis netjies en funksioneel hou. Die sitkamer lei na ‘n tweede toegeboude knus stoep, ideaal om te lees, te ontspan of bloot die lieflike tuin te geniet. ‘n Ingeboude braai onder skadunet maak dit maklik om gaste buite te onthaal. Die erf spog met ‘n goed gevestigde groentetuin, grenadillaprieël, en ‘n verskeidenheid vrugtebome insluitend avo-, papaja-, vye-, lietsjie- en suurlemoenbome. Praktiese kenmerke sluit in: • Twee 2500L JoJo-tenks met drukpomp • Prepaid water- en elektrisiteitsmeters • Tandem motorhuis met rakspasie en plek vir twee voertuie agtermekaar • Lae heffings van slegs R250 per maand – sluit sekuriteit en instandhouding van die kompleks in Hierdie woning bied uitstekende waarde en is ideaal vir eerste kopers, gesinne of afgetredenes wat op soek is na veiligheid, ruimte en 'n aktiewe tuinlewe. Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie – kontak ons vandag nog om jou besigtiging te bespreek.