We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Learn more

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong, BSH-RS00837

Free Standing House | Sale

Area:
97m2
Beds:
2
Baths:
2

Details

EKSKLUSIEWE MANDAAT - Natuur Skoonheid en Rustigheid - Perfekte ligting vir die Natuurliefhebber

Stap in hierdie 2 slaapkamer, 2 badkamer (1 en-suite) grasdak huis wat perfek naatloos in sy omgewing inpas. Die huis is gerieflik en uniek met 'n kantoor wat ook as 'n derde slaaparea kan dien—ideaal vir gaste of ekstra slaapplek.

By die voordeur aangekom, sal jy die warm en uitnodigende atmosfeer van die huis dadelik voel. Regs van die ingang is die ruim hoofslaapkamer, groot genoeg vir 'n koningsgrootte bed, met 'n oorgang na die en-suite badkamer wat 'n stort, wasbak en toilet insluit. Die kamer het 'n oorvloed ingeboude kaste wat genoegsame opbergruimte bied. Die gastekamer, wat aan die ander kant van die huis geleë is, is groot genoeg vir 'n koningingrootte bed en bied die perfekte ruimte vir gaste om gemaklik te ontspan. Dit kan ook 2 driekwart of enkelbeddens huisves vir die kleinkinders wat gereeld sal kom kuier..

Die gaste badkamer is prakties geleë aan die einde van die oopplan kombuis op linkerkant. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof en granietblaaie—’n praktiese en stylvolle ruimte vir al jou kookbehoeftes. Dit lei na die sitkamer, wat aan die verste kant van die huis is. Die sitkamer is gesellig en vol lig, met 'n groot venster wat ‘n asemrowende uitsig oor die omliggende natuur bied.

Vanaf die sitkamer lei 'n deur na die kantoor, asook 'n hout buitedeur wat na buite lei. Die kantoor is 'n privaat ruimte wat uitkyk op die bosagtige omgewing. Die skuifdeure aan die ander kant van die sitkamer neem jou na die grasdak lapa met 'n ingeboude braai, wat die perfekte plek is om te ontspan of ‘n ete saam met familie en vriende te geniet.

Die huisie is op die rand van die uitbreiding geleë, met die kanaal vir afvoer reënwater en 'n omgewing vol groot bome wat ‘n woudagtige atmosfeer skep. Die buitekant is oop en spasievol, en gereeld sal bokkies die grasperk besoek. Klein diere soos mongoos, patryse, tarentale en ‘n verskeidenheid voëlspesies is gereeld sigbaar, wat die eiendom se rustige en asemrowende natuurskoon verder versterk.

Hierdie eiendom is die ideale plek vir dié wat op soek is na die perfekte mengsel van gemak, rustigheid en die pragtige buitelewe en natuurskoon.


Map Details


Estate Agent

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contact Suzette