Utilizamos cookies para personalizar o conteúdo, fornecer recursos de mídia social e analisar nosso tráfego e dar suporte aos nossos clientes. Também compartilhamos informações sobre o seu uso do nosso site com nossos parceiros de mídia social, publicidade e análise, que podem combiná-las com outras informações que você forneceu a eles ou que eles coletaram a partir do seu uso dos serviços deles. Você consente com nossos cookies se continuar a usar nosso site. Saber mais

2 Bedroom Retirement Unit For Sale in Mookgopong, BSH-RS00769

Retirement Unit | Venda

Área:
40m2
Camas:
2
Banhos:
2

Detalhes

Gemaklike 2-Slaapkamer, 2 badkamer Aftree Eenheid in Die Oog Leefstyl Landgoed Bied jy vir jouself die geskenk van rustigheid en ’n gemeenskap-gedrewe leefstyl in hierdie pragtige 2 slaapkamer, 2 badkamer eenheid in die gewilde Die Oog Aftree Leefstyl Landgoed – geleë in die hartjie van die bosveld. Perfek geplaas slegs ’n klipgooi van die jukskei-bane en die gewilde Njala Lapa, waar vriendskappe gesmee word oor ’n kolebraai of geleentheid. Die eetsaal, winkeltjie en warmwater-swembad is alles binne loopafstand – ideaal vir diegene wat die buitelug en ’n aktiewe leefstyl geniet. By aankoms word jy verwelkom deur jou eie klein privaat lapa met ingeboude braai, wat lei na ’n skuifdeur en ‘n oopplan sitkamer, eetarea en goed toegeruste kombuis met genoeg kasruimte. Uit die kombuis lei ’n kort gang na die spaarbadkamer, gastekamer aan die linkerkant, en die hoofslaapkamer met en-suite badkamer aan die regterkant. Die hoofslaapkamer is ruim genoeg vir ’n koningingrootte bed, met verbasend baie pakplek. Hierdie huisie is die ideale “toesluit-en-toer” oplossing – maklik om te onderhou, veilig en gemaklik. Wat hierdie landgoed besonders maak, is die unieke “omgee” kultuur en die toegang tot die natuurreservaat, waar jy na hartelus kan stap, wild besigtig en aan voël- en boomkykdae kan deelneem. Vir die sosiale siel is daar altyd iets aan die gang: van Sondagdienste, Pilatus en stoelpilatus, MAP-oefeninge, lyndanse, tot verskeie funksies en kuiergeleenthede in die sentrale saal, stoeparea of die knus restaurant en kroeg. Hierdie eenheid is perfek vir diegene wat wil afskaal sonder om kwaliteit van lewe prys te gee, en hul aftreejare wil deurbring in die rustigheid van die bosveld.


Detalhes do Mapa


Agente Imobiliário

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contato Suzette