We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Saber mais

2 Bedroom Retirement Unit For Sale in Mookgopong, BSH-RS00763

Retirement Unit | Sale

Area:
126m2
Beds:
2
Baths:
2

Detalhes

2-Slaapkamer Bosveldhuis met moderne geriewe in rustige aftree-omgewing – ’n Ware juweel vir die afskaal-aftreepaar.

Hierdie pragtige 2-slaapkamer, 2-badkamer woning bied alles wat jy nodig het vir ’n gemaklike, veilige en rustige leefstyl in die hartjie van die Bosveld. Perfek vir die afskaal-aftreepaar wat steeds ruimte, styl en natuurlike skoonheid waardeer. Hoogtepunte van die eiendom: • 2 slaapkamers, 2 badkamers (1 en-suite) • Oopplan leefarea met ekstra stoorkamer / kantoorruimte • Moderne kombuis met gasstoof en aparte opwas-area • Onderdak veranda met ingeboude braai • Sonkragstelsel: 8 sonpanele, 4 batterye, 5.5 kVA inverter • Binnetuin met betonmuur – ideaal vir tuinmaak • Uitsig oor park met wildlewe reg oorkant die pad • Dubbel lengte afdak vir 2 voertuie By die ingang, vanaf die onderdak veranda met ingeboude braai, stap jy direk in die ruim oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis in – ’n uitnodigende leefarea waar gemak en geselligheid hand-aan-hand gaan. Die kombuis is volledig toegerus met baie houtkaste aan weerskante, spasie vir ’n yskas en mikrogolf, asook ’n gasstoof met 'n suigwaaier (extractor fan). Die aparte opwas-area aan die agterkant van die kombuis stap jy uit in ‘n vierkant met hekkie wat ‘n wastrog, wasgoeddraad en plek vir die asblik het – slim ontwerp vir praktiese gebruik. Regs van die kombuis is ’n ekstra stoorkamer of klein kantoorruimte – ideaal vir werk van die huis af, ’n stokperdjie-area of net ekstra opberging. Die slaapvertrekke is goed uitgelê vir privaatheid en gerief. Aan die linkerkant van die eetkamer lei ’n kort gang na die gastetoilet en badkamer aan die regterkant, en die gastekamer aan die linkerkant, met ingeboude kas en genoeg plek vir twee enkelbeddens. Die hoofslaapkamer is aan die einde van die gang en spog met ’n vol muur ingeboude kaste, ’n en-suite badkamer en ’n groot venster met uitsig op die tuin. Die binnetuin, omhein met ’n betonmuur, bied genoeg spasie vir die tuinier om hul kreatiwiteit uit te leef en ’n rustige groen ruimte te skep. Wat hierdie eiendom verder uitlig, is die uitstekende sonkragstelsel: • 8 sonpanele • 4 batterye • 5.5 kVA inverter Hierdie stelsel maak jou amper volledig selfstandig en vry van beurtkrag – ’n groot bonus vir gemak en gemoedsrus. Vanaf die patio kyk jy uit op ’n park reg oorkant die straat, waar bosbokkies, tarentale, njalas, rooibokkies, mongoose ens. gereeld kom wei – ’n rustige toneel wat jou herinner waarom jy in die Bosveld bly. ’n Ware Bosveldjuweel wat gemak en natuur harmonies kombineer – perfek vir rustige aftrede sonder om spasie of styl prys te gee


Map Details


Estate Agent

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contact Suzette