Retirement Unit | Sale
3 Bedroom Retirement House for Sale
3 Bed Aftreehuis te koop in Modimolle
Mooi gerieflike en netjiese aftreehuis met braaikamer wat uitloop op privaat agtertuin en klein swembadjie vir afkoeling. i
Hierdie 3 slaapkamer huis bied: 2 Badkamers - volledige badkamer en suite met hoofslaapkamer Die ruim oopplan sit -eetkamer en kombuis stap uit op die braaikamer en agtertuin. Die kombuis het soliede kiaat kaste en afsonderlike opwas kamer en inloop spens
Daar is oop noordstoep wat uitkyk op die netjies versorgde klein voortuin. Die hoekerf gee gevoel van spasie met dubbel motorhuis en om die hoek is die ingang na die karavaan afdak.
Die klein 8m² swembad is maklik om te onderhou en bied welkome afkoeling gedurende die warmer somer maande in die bosveldomgewing.
Hierdie huis is ideaal vir 50 plus persone wat tuis wil ontspan maar ook net toesluit-en-ry.
Geniet aftrede in 'n stil, rustige en veilige bosveld aftreeoord met skoon lug en naggeluide. Hier is alles slegs 5 minute van jou huis af sonder verkeersprobleme. Skoon lug en naggeluide maak hiervan ideale aftrede.
Kom kyk gerus.