Retirement Unit | Sale
2 Bedroom House for Sale in Modimolle
Baie gerieflike huis te koop in aftreeoord in Modimolle
Hierdie voltitel huis, met geen maandelikse heffing nie is ideaal vir toesluit-en-ry. Geskik vir persone 50 plus sonder afhanliklikes, dit is dierevriendelik.
Die huis bied: 2 slaapkamers met baie ingeboude kaste 2 badkamers 'n 3 de vertrek word as werkskamer gebruik maak kan ook dien as slaapkamer Afsonderlike waskamer
Die kombuis beskik oor pragtige kiaat kaste en vloei mooi ineen met die oopplan sit en eetkamer.
Daar is 'n noordekant stoep met braaipit - privaat met netjies versorgde klein agtertuin.
Aan die suidekant is 'n stoep wat uitkyk op 'n lowergroen " secret garden" onder skadunet. Weereens private area met rustige atmosfeer
Verder is daar 'n 3kw inverter, met 6 x 200Ah batterye en 4x sonpanele wat voortdurende elektrisiteit verseker. Sowel as 'n 2200 liter water tenk met drukpomp. Ook ingesluit is 18lt gas geyser met 150l elektriese geyser.
Voor die enkelmotorhuis is 6x6 m afdak vir ekstra voertuie
Kom kyk gerus na hierdie netjiese, gerieflike en private aftreehuis in Modimolle, weg van stadsrumoer en verkeer, in 'n veilige bosveldsomgewing