Casa Indipendente | Vendita
Smallholding For Sale in Albertinia!
2.5ha Kleinhoewe te koop in Albertinia, Wes-Kaap!
Hierdie besondere eiendom - gesoneer as Kommersiéle Landbou eiendom en geoormerk as moontlike toekomstige residensiële ontwikkeling, maak van hom baie meer as net 'n kleinhoewe binne loopafstand na die dorp, met 'n groot en gemaklike gesinswoning - sy potensiaal strek soveel verder!
Die ruim woonhuis wat ideaal is vir 'n moontlike Gastehuis bestaan uit die volgende:
5 x ruim Slaapkamers 3 x Badkamers Lekker groot tipiese Plaaskombuis Ruim Sitkamer met 'n kaggel Eetkamer en aparte Waskamer Ruim en gemaklike kantoor of studeerkamer Groot onthaal area / binne-braai area (onvoltooid) asook 'n Buite-braai area by die swembad Swembad (moet herstel of moontlik vervang word)
Bonus - Ingesluit by die transaksie is 'n 3.5KW Inverter met 4 x 100Ah Batterye asook 'n 8 Kanaal CCTV. [Totale Oppervlakte: 376,7vkm]
Die woonhuis beskik oor potensiaal om verdeel te word in 2 x eenhede [1 x 3 Slaapkamer & 1 x 2 Slaapkamer].
Hierdie gewilde kleinhoewe in Albertinia wat bekend is vir sy geliefde 2 donkies, Moses die grys donkie en Noag die ou bruine, kan ook ideaal dien as 'n moontlike geleentheids 'venue' vir verjaarsdae, troues & veel meer wat uit die volgende bestaan:
1 x Werkerseenheid 1 x Slaapkamer eenheid met badkamer, oopplan kombuis en leefarea, Afdakkie met eie tuin Totale oppervlakte meet 45,7vkm in grootte
2 x Groot Skure 1 x Enkel motorhuis 1 x Groot Stoor met Kombuis en Buite Toilet Totale oppervlakte meet 281.2vkm
Die kleinhoewe beskik oor goeie weidingsgrond en hou die eienaars tans 2 x donkies, 1 x ponie, 6 x kallers en 3 x skape op die grond aan met 1 x 100kLt Sement Dam Daar is ook 'n Fontein / Grond Dam met 3 x Hoenderhokke en 1 x Kraal / Stal
Potensiaal? EINDELOOS!
Vir meer inligting op hierdie besondere kleinhoewe en 'n MOET besigtiging - kontak my gerus!