Utilizziamo i cookie per personalizzare i contenuti, per fornire funzionalità dei social media e per analizzare il traffico dati e supportare i nostri clienti. Condividiamo inoltre le informazioni sull'utilizzo del nostro sito da parte dell'utente con i nostri partner di social media, pubblicità e analisi che potrebbero combinarle con altre informazioni che gli hai fornito o che hanno raccolto dal tuo utilizzo dei loro servizi. Acconsenti ai nostri cookie se continui a utilizzare il nostro sito web. Scopri di più

4 Bedroom Freehold For Sale in Kranspoort, RLS957119

Freehold | Vendita

Letti:
4
Bagni:
3

Dati

‘n Uitstekende geleentheid om jou eie stempel af te druk!

‘n Uitstekende geleentheid om jou eie stempel af te druk — die groot werk is reeds voltooi en is die A- raamhuis 100% bewoonbaar met ‘n oopplan braaikamer, eetkamer, kunstige kombuis asook aparte opwaskamer. Daar is reeds 2 ruim slaapkamers met “en- suite" badkamers voltooi, asook ‘n groot loft area wat veeldoelig gebruik kan word. Dan kan jy op jou tyd die res van die huis bo verder voltooi.....van die badkamerbenodighede is reeds aangekoop en kan jy met tyd daar klaar maak. Dit is heerlike groot kamers bo wat ook vir verskeie doeleindes gebruik kan word ....of vir verdere slaapkamers, of self ‘n studeer/ nutskamer waar jy ure aan jou stokperdjies kan spandeer Die huis se afwerking is rustiek en is daar slim met sinkplaat gewerk om ‘n unieke karakter aan veral die kombuis en badkamers te gee. Die dakwaaiers is welkom.

Die dekarea bied lekker kuier plek en kan daar heerlik afgekoel word in die swembad tussen die werk en braaiery deur....die erf is maklik toeganklik met ‘n dubbel motorhuis en bied dit onderdak toegang tot die huis. Daar is nog geen tuin nie — so jy kan kom speel en die erf na jou behoefte verder ontwikkel.

Kranspoort bied ’n unieke leefstyl waar die tempo stadiger is en kinders nog in die straat kan speel en fietsry...die lug is skoon en die Bosveldomgewing met sy baie voëls en mooi bome is enige fotograaf se droom. Die wild loopvrylik rond tussen die huise en is die Rooibokke, Koedoes. Njalas, Zebras en Vlakvarke gereelde besoekers by die huise. Van tyd tot tyd kom bederf die Kameelperde ons by die huis en veroorsaak dit altyd groot opwinding.

Daar is genoeg om jou besig te hou- van pragtige staproetes, tot uitdagende 4x4 roetes wat jou steeds elke keer verras. Verder is daar'n pragtige hengelarea wat deur klublede geniet kan word, asook ’n aktiewe voëlklub asook ’n pragtige Matchovich & Hayes ontwerpte gholfbaan waar die manne van die muise onderskei word, asook ‘n baan waar diskgholf deur die hele gesin gespeel kan word. As jy verkies om sake rustiger te vat kan jy heerlik op die stoep kuier en tot laataand om die kampvuur sterre kyk en al daardie nuwe braairesepte saam met vriende of familie uittoets. Moenie die geleentheid mis nie -Kom kyk self! Skakel Willemien vir ‘n afspraak

Funzionalità di Offr

Box auto

Mappa


Agente Immobiliare

Willemien Badenhorst

Licensee

Contatta Willemien