Retirement Unit | Vendita
2 Bedroom Retirement House for Sale Modimolle
Netjiese aftreehuis te koop in Modimolle. Reg vir intrek en bly in hierdie lae onderhoud huis en ideaal vir 50 plus persone wat in 'n veilige, stil en rustige bosveldomgewing wil aftree.
Die huis bied: 2 Slaapkamers en 2 badkamers, met ensuite badkamer by die hoofslaapkamer. Ten volle geteëlde vloer regdeur. Die oopplan sit/eetkamer en kombuis verwelkom die besoeker en gee gevoel van ruimte. Langs die dubbel motorhuis met dubbel afdak voor, is die karvaan garage met maklike toegang van die straat kant.
Daar is 'n noordstoep en suidstoep met privaat klein agtertuin en ommuurde privaat voor area.