Utilizziamo i cookie per personalizzare i contenuti, per fornire funzionalità dei social media e per analizzare il traffico dati e supportare i nostri clienti. Condividiamo inoltre le informazioni sull'utilizzo del nostro sito da parte dell'utente con i nostri partner di social media, pubblicità e analisi che potrebbero combinarle con altre informazioni che gli hai fornito o che hanno raccolto dal tuo utilizzo dei loro servizi. Acconsenti ai nostri cookie se continui a utilizzare il nostro sito web. Scopri di più

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong, BSH-RS00873

Casa Indipendente | Vendita

Area:
40m2
Letti:
2
Bagni:
1

Dati

DIE IDEALE "SLUIT EN TOER" EIENDOM IN DIE GEWILDE DIE OOG AFTREE LANDGOED

Hierdie klein maar gerieflike grasdak-huisie is geleë in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed en bied die ideale kombinasie van gemak, praktiese uitleg en rusplek met ’n aktiewe leefstyl. Die huisie beskik oor twee slaapkamers en een badkamer met ’n bad, toilet en wasbak. Die bad kan maklik vercvabg word met ’n stort indien verkies. Die oopplan kombuis-, eet- en sitarea skep ’n gesellige ruimte wat maklik ingerig kan word vir gerieflike, alledaagse leef. Wat hierdie eiendom werklik besonders maak, is die heerlike, skaduryke kuierarea voor die huisie – ’n perfekte plek vir ontspan, lees of gesellige kuiers saam met vriende en bure. Die natuurliefhebber kan ure hier spandeer om die dierelewe en voellewe dop te hou. Gereelde besoekers soos Bosbokkies, gebande muishondjies, ens. en 'n ryk verskeidenheid geveerde vriende waarborg 'n rustigheid van eie soort.

Hierdie woning is ideaal vir ’n enkel persoon wat op soek is na ’n gerieflike, ongekompliseerde leefstyl binne stapafstand van die saal, swembad, restaurantjie, winkel en eetsaal. Die sentrale ligging verseker maksimum gerief en maklike toegang tot al die geriewe.

Die Oog Aftree Landgoed staan bekend vir sy leuse van “aktiewe veroudering” en ’n dinamiese gemeenskapslewe. Inwoners kan deelneem aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite soos jukskei, put-put, pooltafels, pilates, MAP-oefeninge, strekklasse en wateroefeninge ens. Die landgoed spog ook met ’n pragtige natuurreservaat waar inwoners kan stap, fietsry, piekniek hou of bloot die natuur geniet. Die eetsaal bied heerlike, bekostigbare maaltye, wat beteken dat alleenlopers selde nodig het om self kos te maak. Gereelde pret-oggende, stoepbyeenkomste en sosiale geleenthede sorg dat daar altyd iets is om na uit te sien.

Hier woon jy in ’n vriendelike, omgee-gemeenskap met ’n sorgsentrum en toegewyde personeel — ’n plek waar jy veilig, gerieflik en voluit kan leef. Hierdie huisie bied die perfekte geleentheid om deel te word van ’n lewenslustige gemeenskap waar daar werklik nooit ’n vervelige oomblik is nie


Mappa


Agente Immobiliare

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contatta Suzette