Utilizziamo i cookie per personalizzare i contenuti, per fornire funzionalità dei social media e per analizzare il traffico dati e supportare i nostri clienti. Condividiamo inoltre le informazioni sull'utilizzo del nostro sito da parte dell'utente con i nostri partner di social media, pubblicità e analisi che potrebbero combinarle con altre informazioni che gli hai fornito o che hanno raccolto dal tuo utilizzo dei loro servizi. Acconsenti ai nostri cookie se continui a utilizzare il nostro sito web. Scopri di più

140m² Farm For Sale in Agricultural Holding 400, RL3648100

Farm | Vendita

Letti:
5
Bagni:
5

Dati

WILDSPLAAS TE KOOP NABY KLERKSDORP

140ha Wildsplaas Te Koop. Besigtiging slegs vir ernstige en reeds goedgekeurde kopers. Ideaal vir belegger / ontwikkelaar of 'n paar vriende wat saam ongelooflike ervaringe en herhinneringe aan geliefdes wil gee, sonder om kilometers ver te ry. Slegs 8km buite Klerksdorp en uitstekend geleë naby die damvakansie-oord. Die plaas vorm deel van die munisipalegrense en is dus ideaal vir die ontwikkelaar wat wil onderverdeel en voltitelerwe wil daarstel. Die hele plaas is 2,4m wildsomhein. 'n Groot verskeidenheid van wild wat insluit blesbokke, springbokke, rooibokke, elande, rooihartebeeste, swartwildebeeste, kameelperde en zebras, is reeds jare gevestig op die plaas. Plaas bestaan uit 'n pragtige oop vlakte, bos en koppie met asemrowende uitsig oor die hele plaas, asook Klerksdorpdam. Is sprokies mooi met baie potensiaal vir "eco estate", "wedding venue", naweek-oord, spanbou fasiliteite en nog vele meer. Toegang tot die Plaas word verkry deur 'n deurpad deur 'n ander plaas, word ook omring deur ander plase en is dus baie veilig geleë. Plaas sluit in 3 geboue, waarvan 2 tweeslaapkamer huise is, met 'n derde wat dien as onthaal / kroeg area met eie kombuis, badkamer en boma area. Dubbel motorafdak en asook 2 dubbel motorskadunette. Werkershuis met dienste. Ten volle toegeruste boorgat. 2de boorgat met windpomp en gronddam. Slaggeriewe. Verskeie toegeruste waterpunte vir wild. Elektriese hoof-ingangs-hek. Bloekombos wat gereeld ge-oes kan word, asook skietbaan binne bos. Goeie weiding met boomryke gedeeltes en vollop roeseintjiebos. Prys sluit wild en toerusting in.


Mappa


Agente Immobiliare

Elmor Kruger

Accounts

Contatta Elmor

Potchefstroom

Potchefstroom