Farm | Eladás
Plaas te Koop in Loeriesfontein Distrik - Noord-Kaap
Uitstekende skaapplaas te koop. Hierdie plaas is goed geleë (ook veilig) en is n oorgansplaas tussen winterreën (Hantam) en Somerreën (Boesmanland). Die weiding is goed opgepas en die plaas word oor die afgelope 8-10 jaar nie op volle drakrag geboer nie.
Grootte: 5850 Hektaar
Drakrag: 1/45 GVE
Weiding: Gras en Bossieveld (Die weiding is tans goed as somer weiding.) Plaas is skoon van "Prosopis" indringer bome en word streng hanteer om groei van bome te verhoed.
Verbeterings: Die plaas is verdeel in 15 kampe met 4 stelle krale goed geleë tussen kampe vir vee hantering. Die buite drade is ge-elektrifiseer vir beheer van ongediertes.
Water: Die kampe word almal voorsien van water deur 7 windpompe. Die gemiddelde diepte van boorgate is 30m Water bied potensiaal vir groentetuin vir eie gebruik.
Geboue: Woonhuis wat bestaan uit: 3 Slaapkamers (Twee met ingeboude kaste) Kombuis met Aga stoof 1 Volledige Badkamer met tweede aparte toilet Eetkamer Sitkamer Sonkamer
2x Arbeidershuise 1x Groot Stoor 1x Klein Stoor 2x Pakkamers 1x Masjienkamer
Kommunikasie: Goeie MTN sein Telkom VSAT met internet ook in werking.
Hierdie is n goeie geleentheid om n goed opgepaste plaas te koop en net kan instap en boer. Die vee huidiglik op die plaas asook los goedere kan ook gekoop word om die plaas as n lopende eenheid te koop. Verkoper is BTW geregistreer en BTW is uitgesluit by verkoopprys.
Skakel die agent vir verdere inligting.
Calvinia