Sütiket használunk a tartalom személyre szabásához, a közösségi média funkcióinak biztosításához, valamint forgalmunk elemzéséhez és ügyfeleink támogatásához. A weboldalunk Ön által történő használatára vonatkozó információkat megosztjuk közösségi média, hirdetési és elemzési partnereinkkel is, akik ezeket az információkat kombinálhatják más olyan információkkal, amelyeket Ön megadott nekik, vagy amelyeket a szolgáltatásaik Ön általi használatából gyűjtöttek. A weboldal további használatával Ön elfogadja a sütik használatát. Részletek

4 Bedroom House For Sale in Kranspoort, RLS957019

Családi ház | Eladás

Ágyak:
4
Fürdőszobák:
3

Jellemzők

‘n Unieke leefstyl in Kranspoort

Hierdie huis voldoen aan alle behoeftes......Ligging: Uitsonderlik met baie privaatheid en mooi uitsig, aangrensend tot twee kante parkland. Vloei van Huis: ’n Ruim oopplan huis met uitstekende vloei....

Wat bied die huis?

In die huis is daar ‘n ingangsportaal, oopplan tv kamer en kombuis, pragtige eetkamer met pragtige ingeboude kaste wat selfs as ‘n studeerkamer gebruik kan word. Die kombuis is ruim, modern met baie kaste en werksoppervlakte, asook granietafwerking. ‘n Aparte opwaskamer met voldoende plek vir al die nodige toerusting, asook direkte toegang tot die binnehof waar die wasgoed uit die oog versorg word.Die hoofslaapkamer is enige vrou se droom — dit is uitsonderlik groot met BAIE ingeboude kaste, asook ’n skuifdeur wat direk in die braaikamer uitloop. Die “en- suite” badkamer is uitsonderlik ruim met dubbel wasbakke, bad, stort en toilet.Verder is daar nog 2 slaapkamers met ingeboude kaste asook ‘n moderne badkamer met stort, bad, toilet en ‘n enkel wasbak.

As Bonus: Die hartklop van die huis is ongetwyfeld ‘n baie ruim patio met groot aluminium vensters waar die natuur deel word van die leefarea, asook ‘n ingeboude braai waar daar altyd, ten spyte van die weer, gebraai en tot Iaat aand gekuier kan word. Hier word gelag, gekuier en besondere “onthou prentjies” gemaak met familie en vriende. ‘n Verdere bonus kry jy buite...word jy verras met ‘n splinternuwe slaapkamer met ‘n “en-suite” badkamer waar die basis reeds gedoen is en jy na hartelus kan gaan speel om ook hierdie badkamer na jou smaak te voltooi.

Verder is daar ‘n ruim pakkamer wat sal sorg dat daar niks los goed in die motorhuis is nie, ook nuut geteël, asook ’n toilet. Daar is ‘n dubbel motorhuis met ’n pragtige ge-outomatiseerde deur en dfrekte toegang tot die huis asook ‘n dubbel staalafdak. Die plaveisel sorg dat die aansig netjies vertoon en die tuin is maklik om te hanteer. Die siersteenafwerking asook die alluminiumrame dra by tot lae onderhoud en is die huis tydloos.

Weens die ligging is daar daagliks wild rondom jou huis en slaap groot troppe rooibokke elke aand rustig voor jou braaikamer ... beide die zebras, asook die vlakvarke is bekende besoekers. Kranspoort bied ‘n unieke leefstyl kom word deel daarvan en kom deel in die voorreg om hier te bly! Bel my. ek kan nie wag om jou daar te gaan wys nie! Vir meer info oor Kranspoort- gaan kyk self op ons blad Kranspoort.

Jellemzők

Garázs

Térképrészlet


Ingatlanközvetítő

Willemien Badenhorst

Licensee

Willemien megkeresése