Sütiket használunk a tartalom személyre szabásához, a közösségi média funkcióinak biztosításához, valamint forgalmunk elemzéséhez és ügyfeleink támogatásához. A weboldalunk Ön által történő használatára vonatkozó információkat megosztjuk közösségi média, hirdetési és elemzési partnereinkkel is, akik ezeket az információkat kombinálhatják más olyan információkkal, amelyeket Ön megadott nekik, vagy amelyeket a szolgáltatásaik Ön általi használatából gyűjtöttek. A weboldal további használatával Ön elfogadja a sütik használatát. Részletek

3 Bedroom House For Sale in Kranspoort, RLS958104

Családi ház | Eladás

Ágyak:
3
Fürdőszobák:
2

Jellemzők

Ervaar 'n veilige en ontspanne leefstyl in die bos met verskeie wildspesies wat vrylik wei.

Is jy kreatief en hou van “iets anders?” Dan moet jy hierdie geleentheid nie mis nie - ‘n boshuis ideaal vir ‘n naweekwegbreek of moontlike afskaal. Die ligging is goud werd as jy daarvan hou om buite en in die bos te lewe!

Sodra jy die huis binne stap begroet ‘n nostalgiese vakansietyd herinnering jou… daardie unieke grasdak reuk! Lekker! Daar is ‘n oopplan tv-kamer en gerieflike kombuis waar daar gekook en gekuier kan word, terwyl op dieselfde tyd, ‘n oog op die tv gehou kan word. Die hoofslaapkamer het ingeboude kaste asook ‘n en-suite badkamer met ‘n bad, wasbak en toilet asook ‘n mooi uitsig na buite. Die ander slaapkamer is kunstig en beslis iets anders… daar is ook ‘n en-suite badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet. Die groot loft area met baie plek kan as ‘n addisionele slaapkamer of gerieflike werkskamer benut word.

Die onthaal area buite is ongetwyfeld die hartklop van die huis. Die kuier-stoep met die ingeboude braai, die dekarea, asook die sprankel swembad, gaan verseker vir baie lekker herinneringe sorg! Verder is daar ‘n pragtige boma waar daar tot ounag om die vuur gekuier kan word. Die erf is agter relatief plat en bied baie privaatheid aangesien die groen area teen die droë loop dit natuurlik verseker… die wild kuier graag daar en sodra hulle agterkom dat daar ‘n lekker bederf is met ‘n baal lusern of wildspille, voel dit of jy letterlik by ‘n lodge kuier. Daar is ‘n dubbel grasdak motorafdak met nog ‘n addisionele afdak as bonus – dus is daar oorgenoeg parkering vir jouself asook jou kuiergaste.

Kranspoort bied verskeie aktiwiteite om jou besig te hou. Daar is verskeie wandelroetes, 4x4 roetes, bergfietspaaie asook ‘n Matchovich & Hayes gholfbaan, asook disk golf. Vir die kranige hengelaars het jy die keuse tussen Kranspoortdam asook die bekende Loskopdam net 5 km vanaf die hoofhek. Die Jukskeiklub, Voëlklub, Vonkelvroue asook die Mannebraai is altyd ‘n ervaring wat jyself moet kom beleef… unieke gemeenskap wat diep in jou hart kruip! Kom kyk self – ek wys jou graag daar!


Térképrészlet


Ingatlanközvetítő

Willemien Badenhorst

Licensee

Willemien megkeresése