Sütiket használunk a tartalom személyre szabásához, a közösségi média funkcióinak biztosításához, valamint forgalmunk elemzéséhez és ügyfeleink támogatásához. A weboldalunk Ön által történő használatára vonatkozó információkat megosztjuk közösségi média, hirdetési és elemzési partnereinkkel is, akik ezeket az információkat kombinálhatják más olyan információkkal, amelyeket Ön megadott nekik, vagy amelyeket a szolgáltatásaik Ön általi használatából gyűjtöttek. A weboldal további használatával Ön elfogadja a sütik használatát. Részletek

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong Rural, BSH-RS00799

Családi ház | Eladás

Terület:
8m2
Ágyak:
2
Fürdőszobák:
2

Jellemzők

EXCLUSIVE MANDATE - Is jy op soek na stilte, vrede en veiligheid? Hierdie 2-slaapkamer, 2-badkamer grasdakhuisie by die gewilde Die Oog aftree landgoed, is net vir jou!

Hierdie oulike grasdakhuisie bied jou die perfekte kombinasie van gerief, natuur en gemeenskapslewe – ‘n ware juweel geleë in die gewilde Die Oog Aftree-oord. As jy op soek is na rus, afskaal maar nog genoeg ruimte, dan is hierdie eiendom jou volgende tuiste. Wanneer jy deur die voordeur instap, word jy begroet deur 'n knus sitkamer met die kombuis aan jou linkerkant. Die kombuis is ruim en hier is meer as genoeg kaste en pakplek, ‘n ontbythoekie en plek vir ‘n yskas – graniet blaaie is nog ‘n positiewe byvoeging en genoeg werksruimte vir enige kosliefhebber! Daar is ‘n “counter top” stofie met ‘n oondjie. Die gastekamer is aan die linkerkant vanuit die kombuis met ingeboude kaste en die gaste badkamer net om die draai. Hierdie badkamer is toegerus met ‘n hoekbad, wasbak, toilet en plek vir ‘n wasmasjien. Die hoofslaapkamer het ingeboude kaste en ‘n en-suite badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet vir maksimum privaatheid en gerief. Daar is ook ‘n inloopkas in die hoofslaapkamer as ekstra bonus. Die gesellige privaat tuintjie groet jou wanneer jy deur die glasskuifdeur na buite stap. Hier wag ‘n klein lapa toegemaak met seile wat jy kan laat sak of oprol om altyd die beste te maak van enige weersomstandighede. Die Oord wemel met natuurlewe: apies, bokkies, voëls en nagdiertjies wat gereeld hul verskyning maak. Dis ‘n plek waar jy werklik kan asemhaal en die stilte indrink.

Die huis beskik ook oor een staalafdak, ideaal vir 1 voertuig.

Die Oog bied meer as net ‘n huis – dit bied ‘n lewensstyl. Die oord beskik oor ‘n verswakte sorg-eenheid wat nou nog aangevul en uitgebrei gaan word deur die SAVF wat aangesluit het by Die Oog as ontwikkelaar en ‘n gemeenskap wat leef volgens die leuse: “aktiewe veroudering”. Hier kan jy deelneem aan Pilates, water-aerobics, lyn-dansklasse, jukskei, putt-putt, voëlkykuitstappies, en natuurlik stap in die natuurreservaat op die perseel. Die warmwaterswembad is ‘n gunsteling, en die gemeenskapsgees is iets besonders – ‘n plek waar jy deel voel van iets groter, waar mense omgee en vriendskappe blom. Dis tyd om jou voete uit te skop en die lewe te geniet. Jou nuwe huis wag op jou – kom beleef dit self!


Térképrészlet


Ingatlanközvetítő

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Suzette megkeresése