Sütiket használunk a tartalom személyre szabásához, a közösségi média funkcióinak biztosításához, valamint forgalmunk elemzéséhez és ügyfeleink támogatásához. A weboldalunk Ön által történő használatára vonatkozó információkat megosztjuk közösségi média, hirdetési és elemzési partnereinkkel is, akik ezeket az információkat kombinálhatják más olyan információkkal, amelyeket Ön megadott nekik, vagy amelyeket a szolgáltatásaik Ön általi használatából gyűjtöttek. A weboldal további használatával Ön elfogadja a sütik használatát. Részletek

2 Bedroom House For Sale in Kranspoort, RLS959274

Családi ház | Eladás

Ágyak:
2
Fürdőszobák:
2

Jellemzők

Unieke geleentheid in Krqanspoort Vakansiedorp.

Twee vir die prys van een! Hierdie aanbod sluit beide ‘n netjiese huis met vele ekstras, asook ‘n verdere erf met ‘n sprankel swembad en onthaal gedeelte in! Die huis is ideaal vir ‘n naweek wegloopplek of andersinds vir die paartjie wat beplan om af te skaal, aangesien dit ‘n oopplan kombuis, eet-, sowel as TV Kamer insluit. Daar is ‘n pragtige kombuis met granietblaaie, asook ‘n goedbeplande spenskas en ‘n gasstoof as bonus. Die aparte waskamer sorg dat die leefarea altyd netjies vertoon. Die twee slaapkamers is gerieflik met elkeen ‘n pragtige en-suite badkamer, ingeboude kaste, asook ‘n skuifdeur wat uitloop op die kuier stoep. Vir die uitdagende somersdae is daar is sentrale 28000 BTU lugversorger asook modern waaiers. Kranspoort bied ‘n heerlike leefstyl buite en is die stoep altyd die hartklop van die huis… ook hier sal jy aangenaam verras wees. Die kuierstoep loop direk op die boma area uit waar daar tot laatnag gelag en om die vuur gekuier en gebraai kan word.

Vir pa is daar beslis genoeg parkeerplek vir die karavaan of boot, asook ‘n dubbelmotorhuis met ‘n baie netjiese dubbel skadunet afdak voor die motorhuis - dus is daar parkering vir 5 voertuie. Die erf is hoër as die pad en bied baie privaatheid. Die addiosionele erf is reeds gekonsolideer dus is daar slegs een heffing aan Kranspoort betaalbaar. Die swembad is heerlik groot en op die ander erf gebou waar daar reeds baie pavleisel is. Verder is daar reeds ‘n gerieflike kuier-gazebo waar daar onderdak gekuier kan word. Die erf is nog baie groot en kan daar met gemak ‘n pragtige gaste eenheid gebou word, of andersinds ‘n woonstel vir ouma- hulle om gerieflik naby, maar tog ook afsonderlik te woon. Verder is daar 2 geisers wat met gas, of elektrisiteit werk en is die solarstelsel met die bystand batterye en omskakelaar ‘n groot bederf.

Kranspoort bied ‘n unieke leefstyl wat enig in sy soort is… veilig, deel van die natuur, verskeie wildsoorte wat op jou voorstoep kuier, asook ‘n pragtige ryk voëllewe. Verder is daar uitdagende 4x4 roetes wat of gestap, of gery kan word. Daar is pragtige hengelgeriewe op die terrein self, of anders is die gewilde Loskopdam net 5 km’s weg. Die pragtige Matchovich en Hayes gholfbaan is ‘n uitdaging, maar die beloning groot as jy hom wen! Verder is daar diskgholf om te speel of andersinds kan jy jouself net aan die Bosveld saligheid oorgee en ontspan. Ek is opgewonde op jou daar te gaan wys - moenie uitstel nie, kom kyk self!

Jellemzők

Garázs

Térképrészlet


Ingatlanközvetítő

Willemien Badenhorst

Licensee

Willemien megkeresése