Nous utilisons des cookies pour personnaliser le contenu, fournir des fonctionnalités de médias sociaux et analyser notre trafic et soutenir nos clients. Nous partageons également des informations sur votre utilisation de notre site avec nos partenaires de médias sociaux, de publicité et d'analyse qui peuvent les combiner avec d'autres informations que vous leur avez fournies ou qu'ils ont collectées lors de votre utilisation de leurs services. Vous consentez à nos cookies si vous continuez à utiliser notre site Web. Apprendre encore plus

3 Bedroom House For Sale in Kranspoort, RLS957974

Maison individuelle | Vente

Des lits:
3
Thermes:
3

Détails

Kom beleef die uitsonderlike leefstyl in Kranspoort Vakansiedorp.

Kranspoort bied ‘n unieke leefstyl waaroor baie net kan droom… as jy dan boonop die geleentheid kry om ‘n huis te koop soos hierdie, word al jou drome bewaarheid. Die skoon lyne, baie lig, en veral die ruimte maak ‘n indruk op ‘n mens vandat jy instap. Die huis het ‘n pragtige moderne kombuis met baie kaste en laaie, ‘n groot gasstoof as oplossing vir die Eskom uitdaging, asook meer as voldoende werksoppervlakte waar jy na hartelus kan bak en brou. Die ontbytblad in die kombuis met sy stoele skep die geleentheid om saam te kuier terwyl daar geklets en gekook word. Die kombuis asook die TV kamer is ‘n groot oopplan vertrek met hoë dakke wat die gevoel van ruimte skep en direk uitloop in die groot braaikamer waar daar enige tyd van die jaar binnenshuis gebraai word, of as 'n kaggel gedurende die wintertyd gebruik word. Die oopplan eetkamer skep ‘n gesellige kuierarea tussen die braai– en die TV kamer.

Die reuse hoofslaapkamer verras jou met voldoende spasie vir twee dubbelbeddens, baie ingeboude kaste, asook ‘n pragtige badkamergedeelte wat soomloos met die kamer skakel. Daar is ‘n groot stort, bad, asook dubbel wasbakke met ‘n aparte toilet vir verdere privaatheid. Die boekrak skerm die kamer af en bied ‘n studeerkamer met ‘n hy en sy lessenaar waar elkeen voldoende spasie het om ongehinderd te werk! Die ander slaapkamer is ook baie ruim met ingeboude kaste asook ‘n groot stort, wasbak, sy eie gas geiser en ‘n afsonderlike toilet. Beide slaapkamers loop in die braaikamer uit. Wanneer daar gaste kuier is daar op die grondvloer ‘n baie groot oopplan kamer wat voldoende spasie bied vir beide ‘n dubbel- asook ‘n enkelbed, ‘n sithoek waar gerieflik TV gekyk kan word, asook ‘n kombuisblad waar daar op eie tyd ‘n oggend koffie gemaak kan word, of ongehinderd laat geslaap kan word. Daar is verder ‘n en-suite badkamer met ‘n groot stort, wasbak, toilet en ‘n aparte gas geiser. Vir jou gerief is daar ook ‘n aparte waskamer.

Aangesien die Kranspoort leefstyl buite kuier en eet is, is die ruim stoepe met sy verskeie sit- en kuierhoeke ‘n groot bederf met ‘n ingeboude braai waar daar enige tyd onderdak gebraai kan word. Van daar is die uitsig werklik iets om te ervaar en voel dit glad nie of jy enigsins in die dorp woon nie, aangesien daar volop ruimte is en jy op Vaalkop uitkyk. Vanuit die sprankel swembad kan jy daardie ruimte ervaar, die uitsig geniet, asook jou verkyk aan die volop wild wat rustig deurloop langs die huis – hier het jy altyd ‘n vakansie gevoel! Daar is ook ‘n kuierplek wat pragtig geplavei is, met ‘n sithoek asook ‘n boma waar daar tot laataand by die vuur na naggeluide geluister kan word en verstom te staan oor die blink sterrehemel… wat ‘n voorreg!

Die ruim motorhuis (99m²) met twee geoutomatiseerde deure en ‘n netjiese afdak vir die karavaan of boot, is enige man se droom. Die goed beplande tuin met baie plaveisel verseker dat alles netjies vertoon en maklik is om te beheer. Ek is opgewonde om jou daar te gaan wys... moenie die geleentheid mis nie!

traits

Garage

Map Details


Agent immobilier

Willemien Badenhorst

Licensee

Contact Willemien