Nous utilisons des cookies pour personnaliser le contenu, fournir des fonctionnalités de médias sociaux et analyser notre trafic et soutenir nos clients. Nous partageons également des informations sur votre utilisation de notre site avec nos partenaires de médias sociaux, de publicité et d'analyse qui peuvent les combiner avec d'autres informations que vous leur avez fournies ou qu'ils ont collectées lors de votre utilisation de leurs services. Vous consentez à nos cookies si vous continuez à utiliser notre site Web. Apprendre encore plus

2 Bedroom Retirement Unit For Sale in Mookgopong, BSH-RS00755

Retirement Unit | Vente

Area:
77m2
Des lits:
2
Thermes:
1

Détails

Netjiese 2-slaapkamer huisie te koop in Die Oog Aftree Landgoed – Rustige leefstyl naby die hart van die bosveld

Hierdie goedversorgde aftreehuisie is geleë in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed, slegs 16 km buite Naboomspruit (Mookgophong), en bied die ideale balans tussen rustige leefstyl en gemeenskapsaktiwiteit.

Die woning bestaan uit 2 slaapkamers, 1 badkamer, en 'n oopplan kombuis, eetkamer en sitkamer/TV-kamer wat 'n gevoel van ruimte en gerief skep. 'n Toegemaakte patio bied 'n knus plek vir ontspanning of om gaste te onthaal, terwyl 'n netjiese grasdak-huisie en plaveiselarea perfek is vir potplante en buiteluggenot. Die eiendom sluit ook 'n enkele afdak in vir veilige parkering.

Die huisie is ideaal geleë naby die eetsaal en warmwater-swembad – die sosiale spilpunt van die landgoed waar verskeie aktiwiteite plaasvind. Hierdie huisie is die perfekte keuse vir 'n enkel persoon of pensionarispaartjie wat op soek is na veilige, rustige en gemeenskapgerigte aftrede.

Die "invertor" is 'n gerieflike toevoeging tydens enige krag onderbrekings of beurtkrag. Hierdie gerieflike huisie is geleë in Die Oog – ’n aftree leefstyl landgoed met die leuse: “Aktiewe Veroudering.”

Die maandelikse heffing sluit in: • Versekering op die gebou (eienaar is slegs verantwoordelik vir inhoudsversekering), • Tuindienste een keer per week, en • ‘n Skoonmaker vir 2 ure per week binnenshuis • Vullis verwydering

Eienaars het gratis toegang tot alle fasiliteite, insluitend ‘n groot verwarmde swembad en ‘n pragtige natuurreservaat. Daar word verskeie aktiwiteite aangebied wat die leuse “Aktiewe Veroudering” ten volle ondersteun, soos: • Put-put • Glybaan • Tennisbaan • Pool- en tafeltennis tafels • Jukskei • Pilates (op mat en stoel) • MAP-oefeninge • Lyndanse • Water-aerobics • Die landgoed is onafhanklik met dienste soos water en riool en die bestuur daarvan is uitstekend.

Daar is ook tans ‘n volledig funksionele sorgsentrum met 29 beddens, en die SAVF vat hande met die ontwikkelaar en gaan ‘n Alzheimer- en Dementia-eenheid en mediese sentrum op die landgoed bou – ‘n waardevolle toevoeging vir toekomstige sorgbehoeftes. Vir die natuurliefhebber is Die Oog ‘n ware paradys. Die dierelewe is fenominaal en sluit in: bosbokkies, njalas, mongoose, tarentale, fisante, ‘n ongelooflike verskeidenheid voëls, asook die wolstert nagapie en klein nagapies, ens. wat deel vorm van die opwindende naglewe. Vir die aktiewe ouer garde en natuurliefhebbers is daar niks wat werklik vergelyk kan word met die leefstyl wat Die Oog bied nie.

Moet dit nie misloop nie – kom ervaar die leefstyl wat Die Oog bied!


Map Details


Agent immobilier

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contact Suzette