Nous utilisons des cookies pour personnaliser le contenu, fournir des fonctionnalités de médias sociaux et analyser notre trafic et soutenir nos clients. Nous partageons également des informations sur votre utilisation de notre site avec nos partenaires de médias sociaux, de publicité et d'analyse qui peuvent les combiner avec d'autres informations que vous leur avez fournies ou qu'ils ont collectées lors de votre utilisation de leurs services. Vous consentez à nos cookies si vous continuez à utiliser notre site Web. Apprendre encore plus

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong, BSH-RS00829

Maison individuelle | Vente

Zone:
84m2
Des lits:
2
Thermes:
1

Détails

Ideale Aftreehuis of Eerste Tuiste vir Jong Paartjie

Hierdie netjiese 2-slaapkamer, 1-badkamer meenthuisie met groot ekstra vertrek wat as Tv- of Familie-kamer en selfs ekstra slaapplek aangewend kan word,is die ideale aftreeplek, of perfek as eerste huis vir ‘n jong paartjie.

By die ingang van die eiendom word jy verwelkom deur ‘n knus tuintjie, (op die stadium 'n "leë canvas" waar jy jou eie stempel kan kom afdruk) – groot genoeg vir die entoesiastiese tuinier om ‘n pragtige tuin aan te lê, of eenvoudig om net gras aan te plant en dit minimalisties te hou.

Vanaf die stoepie, toegerus met diefwering, stap jy die huis binne. Hierdie stoep bied ‘n veilige en rustige plek om te ontspan, en laat jou toe om die voordeur met ‘n geruste hart oop te hou vir vars lugvloei.

Die oopplan sit- en eetkamerarea begroet jou met ‘n gevoel van ruimte en lig, en lei jou natuurlik verder die huis in. Aan die linkerkant vind jy die ruim hoofslaapkamer, wat gemaklik ‘n koningsgrootte bed, bedkassies aan beide kante, en ‘n spieëlkas kan akkommodeer – met genoeg vloerspasie oor.

Die tweede slaapkamer, geleë links van die kort gang wat uit die sitkamer lei, is ook ruim genoeg vir ‘n dubbelbed of selfs groter, met bykomende meubels soos ‘n spieëlkas en bedkassies. Albei kamers het meer as genoeg kaste. Die ligte, netjiese badkamer is toegerus met ‘n bad, stort, wasbak en toilet – alles wat jy nodig het vir gerief en funksionaliteit. Aan die einde van die gang vind jy die kombuis, kompak maar prakties uitgelê, met ligte kaste wat die ruimte oop en vars laat aanvoel.

Direk vanaf die kombuis stap jy in ‘n verrassend groot ekstra vertrek – groter as ‘n standaard enkel motorhuis. Hierdie spasie bied volop moontlikhede: dit is ideaal as ‘n waskamer, TV-kamer, tuiskantoor, of selfs ‘n derde slaapkamer. Hierdie waardevolle toevoeging maak die eenheid besonders funksioneel. Hierdie vertrek bied ook direkte toegang tot die toesluit motorhuis, en langsaan is daar ‘n handige stoorkamer vir ekstra opberging.

Die eiendom is toegerus met voorafbetaalde (prepaid) elektrisiteit en water, wat finansiële beplanning deur die maand soveel makliker maak.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie – skakel my vandag nog om ‘n besigtiging te reël.


Détails de la carte


Agent immobilier

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contact Suzette