Nous utilisons des cookies pour personnaliser le contenu, fournir des fonctionnalités de médias sociaux et analyser notre trafic et soutenir nos clients. Nous partageons également des informations sur votre utilisation de notre site avec nos partenaires de médias sociaux, de publicité et d'analyse qui peuvent les combiner avec d'autres informations que vous leur avez fournies ou qu'ils ont collectées lors de votre utilisation de leurs services. Vous consentez à nos cookies si vous continuez à utiliser notre site Web. Apprendre encore plus

2 Bedroom House For Sale in Kranspoort, RLS951331

Maison individuelle | Vente

Des lits:
2
Thermes:
2

Détails

Lus vir ‘n voortdurende vakansiegevoel?

‘n Netjiese intrek-en- bly huis… alles reeds deur die verkoper gedoen. Hierdie huis laat jou opgewonde deurstap…. vanaf die netjiese tuin, die mooi houttrappies na die voordeur, die dekke, asook die groot alluminium voordeur nooi jou vriendelik na binne. Met die intrapslag kan jy byna nie jou oë glo nie… die groot oopplan kombuis en leefarea is byna te goed om waar te wees. Die 4 stapel deure verseker heerlike lugvloei asook baie lig in die vertrek.

Die baie kombuiskaste is enige vrou se droom en die feit dat die opwasgedeelte apart is verseker altyd ‘n netjiese kuier area. Die groot tafel met 8 stoele maak gesellige saamkuier geleenthede baie maklik en kan ek my voorstel hoeveel speletjies/kaart uitdagings daar gewen gaan word.

Die linnekas is ‘n groot bederf met alles gerieflik op een plek. Die hoofslaapkamer is baie ruim en bied baie kaste, asook ‘n modern plafonwaaier met lig. Die badkamers is pragtig oorgedoen en die hoofbadkamer (en-suite) spog met ‘n groot stort, bad, wasbak en toilet.

Die ander kamer bied genoeg kaste en spasie vir 2 enkelbeddens. Die modern tweede badkamer het ‘n groot stort, wasbak en toilet. As ‘n bonus is daar ‘n gastewoonstel met ‘n oopplan kombuis, klein kuierarea, slaapkamer en ruim badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet. Op die stoepie voor die woonstel kan daar al vroeg oggend tot laat in privaatheid gekuier word. Daar is ‘n dubbel motorhuis en voldoende parkering asook ‘n stoorkamer. Die onderskeie motorhuise en stoorkamers bied parkeerplek vir 5 voertuie indien jy dit so wou gebruik. Afhangend van jou behoefte, kan die ander stoorkamer met baie min koste, in ‘n addisionele leefvertrek of woonstel omgeskakel word.

Die hart van die kuierplek gaan ongetwyfeld die sprankel swembad met die groen grasperk wees asook die boma en buite braaiplek waar daar tot laat aand baljaar kan word. Die oopplan kombuis en leefarea stap uit op ‘n stoeparea, met ‘n pragtige uitsig. Die baie ruim vertrek word vergroot met die stapeldeure waar daar salig gedagdroom of jou boek onverstoord gelees kan word en die geleentheid om laat aand te braai op die gerieflike gasbraaier met die kombuis byderhand.

Die area is stil en gesog… kom kyk self! Is jy lus vir ‘n ander leefwyse? Kom bewaarheid jou droom en leef een met die natuur. Kranspoort bied verskeie aktiwiteite vir die avontuurlustiges en diegene wat ‘n rustiger leefwyse soek… jy is by die regte plek! Moenie wag nie, skakel my, ek wys jou graag.

traits

Garage

Map Details


Agent immobilier

Willemien Badenhorst

Licensee

Contact Willemien