Vivienda Unifamiliar | Rebaja
2 Losstaande Huise op een masiewe erf te koop in Orania!
ALLEENMANDAAT
Hierdie is 'n historiese eenheid te koop, en jy wil dit nie misloop nie!
Masiewe erf (8000m2) met 2 wooneenhede op.
HOOFHUIS: - 3 slaapkamers - 2 vol badkamers (1 is en-suite) - Ruim leefarea met oopplan kombuis - Groot opwaskamer. Word tans gebruik as 'n bakkery - Aparte eethoekie met lugversorger - 25KW (15KW tans tot beskikking) wat huis diens met kragtoevoer, meer as genoeg om totaal onafhanklik te maak van ESKOM - Groot beskutte stoep met gaas wat deur die hele somer koel bly - Versorgde tuin met vol besproeiing en volledige tuinuitleg - Dubbel motorafdak
Die Hoofhuis word in 2026 toegeken met Museumstatus (100jaar), wat dit 'n absolute een-van-sy-soort maak!
TWEEDE WOONEENHEID:
Die eiendom beskik oor sy eie privaat geplaveide pad (100m)
Die sonkragstelsel beskik oor 99 sonpanele
Die erf bestaan uit groot Dennebome en Pekanneutbome, asook sitrusbome wat 'n rustige plaasatmosfeer skep
Moontlikheid om meubels in te sluit teen addisionele koste
VERBLYFREG VEREISTE
Skakel ons vandag nog vir enige navrae! Moet nie te lank wag nie!