We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Aprende más

3 Bedroom House For Sale in Kranspoort, RLS961845

Vivienda Unifamiliar | Rebaja

Beds:
3
Baths:
2.5

Detalles

‘n Uitsonderlike huis met ‘n besondere leefstyl in Kranspoort!

Een verrassing na die ander… vandat ek my verwonder aan die besondere uitsig vanaf die lang kuierstoep, totdat ek in die moderne oopplan kombuis, leef- en eetkamer in stap is ek soos ‘n kind in ‘n lekkergoedwinkel. Opgewonde sien ek orals mooi afwerking raak… die bruin siersteenpanele en die groot swart alumimiumdeure komplimenteer mekaar - die groot glasdeure skuif maklik oop en skielik is die kuierstoep met sy mooi uitsig, deel van die leefvertrek. Die besondere geboude eiland in die kombuis vorm die hartklop van die vertrek en bied ‘n ontbytblad, baie ingeboude kaste asook ‘n doelgemaakte plek vir ‘n wynyskas gerieflik naby die besondere ingeboude braai. Die pragtige vloer en muurteëls is met die hand uitgesoek en komplimenteer mekaar – so ook die besondere beligting en ander afwerking. Die gasstoof is enige vrou se droom en die aparte opwasgedeelte is privaat, lig en goed beplan met meer as genoeg werkspasie

Daar is drie baie ruim slaapkamers elkeen met baie kaste, ‘n dakwaaier, en groot glas skuifdeure wat direk op die stoep uitloop- ek verkyk my na elke vertrek se uitsig. Die spaar badkamer is ruim, modern en spog met ‘n bad, groot stort en baie goeie tydlose afwerking. Die hoofslaapkamer is gerieflik privaat en bied ‘n modern oopplan en- suite badkamer, baie ingeboude kaste asook ‘n groot aluminium glas skuifdeur… ook hier verras die uitsig, baie lig en direkte toegang tot die stoep jou!

As bonus is daar ‘n privaat boma in die bos waar daar heerlik gebraai, of tot laat om die atmosferiese vure gekuier kan word. Die modern buite toilet is pragtig afgewerk en ideaal geplaas. Die stoorkamer is enige man se droom, goed afgewerk en baie goed verlig. Die dubbel motorhuis het hoë plafonne, ‘n teëlvloer en bied direkte toegang tot die huis. Die eienaars was direk met die bou van die besondere huis betrokke en kan dit sonder twyfel in die besondere gehalte gesien word – jy moet hierdie geleentheid benut.

Kom leef jou droom vandag nog! Skakel my, ek kan nie wag om jou daar te gaan wys nie!

Características

Garaje

Map Details


Agente inmobiliario

Willemien Badenhorst

Licensee

Contacto Willemien