We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Aprende más

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong, BSH-RS00872

Vivienda Unifamiliar | Rebaja

Area:
58m2
Beds:
2
Baths:
1

Detalles

Gerieflike aftrede, genoeg ruimte en 'n aktiewe leefstyl!

Geleë in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed bied hierdie pragtige 2-slaapkamer, 1-badkamer grasdakhuis die ideale kombinasie van gerief, karakter en rustige aftreelewe.

Wanneer jy by die skadu-afdak stop, stap jy deur die kanthekkie wat lei na ’n ruim geplaveide area waar die lapa met ingeboude braai jou verwelkom. Hier is volop spasie vir potplante en kuiergeleenthede, asook die deur wat toegang gee tot die oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis. Ekstra kaste is smaakvol bygevoeg om voldoende pakplek te verseker.

Die badkamer, toegerus met ’n ruim stort, toilet en wasbak, is links net voor die hoofslaapkamer geleë. Die hoofslaapkamer is ruim genoeg om gemaklik ’n Koningin- of Koningsgrootte bed te akkommodeer en beskik oor voldoende kasruimte vir twee persone. ’n Skuifdeur vanuit die kamer maak oop na die binnehof met sy lapa en plaveisel — ’n rustige, private buiteleefruimte.

Die tweede slaapkamer is kleiner en kan twee enkelbeddens huisves, maar beskik nie oor ingeboude kaste nie. Indien kaste bygevoeg sou word, sal ’n driekwart- of enkelbed die beste pas.

Die dubbelvolume van die grasdak skep ’n gevoel van ruimte en oopheid wat die natuurlike lig en atmosfeer van die woning versterk. Hierdie huise verseker ’n gerieflike aftrede, terwyl die aktiewe leefstyl van die oord sorg dat inwoners met grasie kan verouder.


Map Details


Agente inmobiliario

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contacto Suzette