We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Aprende más

2 Bedroom House For Sale in Modimolle, BSH-RS00806

Vivienda Unifamiliar | Rebaja

Area:
215m2
Beds:
2
Baths:
2

Detalles

Welkom in Bosveldsig, Modimole (Nylstroom) – ’n gesogte 50+ woongebied net 90 minute van Pretoria, waar vrede, veiligheid en ware gemeenskapsgees saamvloei. Bosveldsig is bekend vir sy rustige atmosfeer, veilige strate en vriendelike bure – ’n plek waar jy met gemak kan stap, kuier en aftree sonder bekommernisse. Hierdie eiendom is skaars – hier word huise nie maklik verkoop nie, want mense wil hier bly.

Geen maandelikse levies nie, slegs ’n hekfooi van R70 per maand – hier koop jy ’n leefstyl, nie net ’n huis nie.

Binne

Wanneer jy deur die voordeur stap, word jy begroet deur stylvolle teëls en ’n oopplan-leefarea wat onmiddellik ’n gevoel van ruimte en lig skep. Die kombuis is ’n gasvrou se droom – ruim werkoppervlaktes, en ’n kombuiseiland wat perfek is vir kuier en gesels terwyl jy kook.

Die hoofslaapkamer is deels geteel en deels matte vir ekstra warmte, met volop ingeboude kaste en ’n en-suite badkamer met stort en bad. Die tweede slaapkamer is ook en-suite – ideaal as gastekamer of as ’n gesellige studeerkamer. Albei badkamers het storte en bad en is netjies afgewerk.

Buite

Die huis bied drie motorhuise – een met ekstra hoogte en lengte vir jou karavaan. Die erf is volledig geplavei vir maklike instandhouding, met ’n pragtige voorstoep wat uitkyk oor ’n goedversorgde tuin – perfek vir oggendkoffie of laatmiddagkuier.

Aan die agterkant wag ’n ruim, bedekte stoep vir rustige Bosveld-sonsondergange, omring deur groen plante en voëlsang. ’n Groot JoJo-tenk verseker dat jy altyd voorbereid is vir wateronderbrekings.

Hierdie huis bied alles – ruimte, gerief, styl en ’n gemeenskap wat jou met ope arms verwelkom.


Map Details


Agente inmobiliario

Anlé Pelster

Candidate Property Practitioner

Contacto Anlé