We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Learn more

2 Bedroom Retirement Unit For Sale in Mookgopong, BSH-RS00775

Retirement Unit | Sale

Area:
120m2
Beds:
2
Baths:
2

Details

EXCLUSIVE MANDATE - Twee-slaapkamer huis te koop in gewilde Die Oog Aftree Landgoed – Waar rus, natuur en aktiewe leefstyl hand aan hand gaan!

Hierdie pragtige, goed versorgde 2-slaapkamer, 2-badkamer (1 ensuite) huis bied alles wat jy nodig het vir gemaklike en aktiewe aftrede. Die oopplan kombuis, eetkamer en sitkamer skep ‘n ruim en uitnodigende leefarea, ideaal vir kuier en ontspanning. Die leefruimte vloei uit na ‘n knus, toegeboude patio aan drie kante – perfek om in die oggendson te sit met ‘n koppie koffie en uit te kyk oor die lieflike klein tuin.

Agter die huis wag ‘n rustige terras tuin wat oorloop in die omliggende bos – ‘n paradys vir natuurliefhebbers! Spandeer ure in die skadu van die bome, kyk hoe die wild verby beweeg en luister na die sang van voëls – jou eie stukkie vrede in die natuur.

Wat maak Die Oog besonders? Die Oog Aftree Landgoed leef hul leuse “Aktiewe Veroudering” ten volle uit. Hierdie is nie net ‘n huis nie – dis deel van ‘n lewendige gemeenskap vol energie, kultuur en vreugde. Jy kan inskakel by aktiwiteite soos Pilates, stoel-Pilates, MAP-oefeninge, wateraerobiese sessies, jukskei, lyndans, veerpyltjie, tafeltennis, en selfs pool op die stoep. Daar is ook ‘n putt-putt baan vir ekstra pret!

Vir diegene wat graag sosiaal verkeer, word daar gereeld gesellige aande gereël en die warmwaterswembad is ‘n gewilde bymekaarkomplek vir gesels en ontspanning.

Ekstra gerief: Moeg vir kosmaak? Geen probleem! ‘n Heilsame, gesubsidieerde middagete is daagliks beskikbaar teen slegs R58 in die eetsaal. Daar is ook ‘n versorgingseenheid op die perseel – gemoedsrus vir jou en jou geliefdes.

Hierdie eiendom is die ideale keuse vir iemand wat wil afskaal sonder om hul lewenskwaliteit prys te gee. Kom leef voluit in die unieke en hartlike gemeenskap van Die Oog!

Moenie hierdie geleentheid misloop nie – kontak ons vandag om ‘n afspraak te maak!


Map Details


Estate Agent

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contact Suzette