We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Learn more

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong, BSH-RS00753

Detached House | Sale

Area:
70m2
Beds:
2
Baths:
1

Details

Ideale uitspanplek vir persone van 50jaar en ouer, enkellopend of Getroud Hierdie moderne grasdak huisie is die perfekte tuiste vir enigiemand wat ‘n rustige en aktiewe leefstyl in ‘n veilige aftree-omgewing soek. Die huis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer, met ‘n oopplan leefarea wat die sitkamer, eetkamer en kombuis insluit – alles afgewerk met ligte teëls vir ‘n vars, ruim gevoel. Die hoofslaapkamer is ruim, met ‘n dubbelbed en ingeboude kaste teen twee mure, en twee groot vensters wat sonlig en warmte inlaat op koue dae. Sodra jy die voordeur oopsluit, word jy verwelkom in die oopplan leefarea wat lei na ‘n patio met ingeboude braai, perfek vir kuier of net om te ontspan. Die klein tuintjie is ‘n vreugde vir enige tuinliefhebber. Vanuit die leefarea lei ‘n kort gang na die tweede slaapkamer aan die regterkant met twee enkelbeddens en ingeboude kaste, die netjiese badkamer in die middel, en die hoofslaapkamer aan die linkerkant. Die grasdak sorg vir koel temperature in die somer en warmte in die winter, terwyl die hoë plafon ‘n gevoel van ruimte skep. Daar is ook ‘n afdak vir motorparkering, wat ekstra gerief bied. Die "invertor" is 'n gerieflike toevoeging tydens enige krag onderbrekings of beurtkrag. Hierdie lieflike huisie is geleë in Die Oog – ’n aftree leefstyl landgoed met die leuse: “Aktiewe Veroudering.” Die maandelikse heffing sluit in: • Versekering op die gebou (eienaar is slegs verantwoordelik vir inhoudsversekering), • Tuindienste een keer per week, en • ‘n Skoonmaker vir 2 ure per week binnenshuis • Vullis verwydering Eienaars het gratis toegang tot alle fasiliteite, insluitend ‘n groot verwarmde swembad en ‘n pragtige natuurreservaat. Daar word verskeie aktiwiteite aangebied wat die leuse “Aktiewe Veroudering” ten volle ondersteun, soos: • Put-put • Glybaan • Tennisbaan • Pool- en tafeltennis tafels • Jukskei • Pilates (op mat en stoel) • MAP-oefeninge • Lyndanse • Water-aerobics • Die landgoed is onafhanklik met dienste soos water en riool en die bestuur daarvan is uitstekend. Daar is ook tans ‘n volledig funksionele sorgsentrum met 29 beddens, en die SAVF vat hande met die ontwikkelaar en gaan ‘n Alzheimer- en Dementia-eenheid en mediese sentrum op die landgoed bou – ‘n waardevolle toevoeging vir toekomstige sorgbehoeftes. Vir die natuurliefhebber is Die Oog ‘n ware paradys. Die dierelewe is fenominaal en sluit in: bosbokkies, njalas, mongoose, tarentale, fisante, ‘n ongelooflike verskeidenheid voëls, asook die wolstert nagapie en klein nagapies, ens. wat deel vorm van die opwindende naglewe. Vir die aktiewe ouer garde en natuurliefhebbers is daar niks wat werklik vergelyk kan word met die leefstyl wat Die Oog bied nie.


Map Details


Estate Agent

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contact Suzette