We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Mehr erfahren

3 Bedroom House For Sale in Mookgopong Rural, RLS921355

Detached House | Sale

Beds:
3
Baths:
2

Einzelheiten

3 Bedroom House for Sale in Die Oog

Luukse "Off Grid" Huis te Koop in Die Oog Aftreelandgoed - Mookgophong (Naboomspruit)

Aftrede in hierdie huis beteken die volgende:

Die hoofslaapkamer met dubbelglasdeure na buite. Instap aantrek kaste, en suite badkamer met inloop stort en dubbel wasbakke Die 2 de slaapkamer se badkamer het bad en stort Die 3de slaapkamer is omskep in 'n studeerkamer met werkstasie, kaste en laaie Al die vertrekke beskik oor dakwaaiers Al die vensters wat noord wys het blinders

'n Kenmerk van hierdie huis is baie hout kaste regdeur die huis

Die kombuis is toegerus met gas stoof plate, graniet blaaie en groot werkspasies en kaste

Die oopplan uitleg vanaf die sitkamer na die eetkamer na die braaikamer skep gevoel van ruimte. Dit loop uit op die patio wat bedek is met koel cromadeck dak

Vir ekstra sekureit is die groot leefarea vensters en glasdeure toegerus met afstandbeheerde "trellidoor roller shutters"

'n Ruim was/werkskamer grens agter die dubbel motorhuis met dubbel motorafdak voor

Hierdie woning het nie beurtkrag nie - dit is toegerus met 7kVA sonkrag stelsel met lithium batterye, en son geyser wat in al die kragbehoeftes voorsien. Daar is steeds voorafbetaalde elektrisiteit beskikbaar indien nodig.

Die sentrale verkoeling stelsel verseker aangename temperatuur regdeur die huis gedurende warmer maande

Die 5 reënwater tenks verskaf water aan die tuin, Daar is 'n waterbesproeingstelsel

Hierdie is die ideale aftrede weg van die gewoel en lawaai van die stad in 'n veilige, stil bosveld omgewing met bokkies wat wat rondom wei terwyl daar genoeg aktiwiteite in die landgoed plaasvind om besig te bly

Die maandelikse heffing sluit in: Weeklikse skoonmaakdiens Tuindiens Versekering van geboue Water en riool Gebruik van warm en koue swembaddens en tennisbane En 24 uur heksekuriteitsdienste

Daar is verskeie klubs en aktiwiteite waaraan persone kan deelneem Etes is beskikbaar, biblioteek, suster aan diens, gesondheidsorgsentrum, haarsalon, motorwasdiens, tuisnywerheid, dameskroeg, winkel, teetuin, restaurant en wildskamp.

Ideale aftrede in boomryke bosveldomgewing met baie geriewe

Kontak my en kom kyk gerus na hierdie uitsonderlike aftree woning

Features

Garage

Map Details


Estate Agent

Amanda Pieterse

Non-Principal Property Practitioner

Contact Amanda