We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Mehr erfahren

3 Bedroom House For Sale in Kranspoort, RLS958417

Detached House | Sale

Beds:
3
Baths:
2

Einzelheiten

‘n Splinternuwe houthuis wag vir jou!

Die oomblik vandat jy instap is jy verras met die ruimte, lig asook die vloei van die huis. Die oopplan kombuis het baie werkspasie, pragtige kaste asook ‘n eiland. Die oopplan eetkamer asook die TV kamer loop uit op ‘n heerlike kuierstoep met ‘n mooi uitsig. Die portaal wat toegang bied tot die res van die huis is slim beplan en is ideaal vir ‘n studeer/werkspasie. Die hoofslaapkamer is ruim en het voldoende plek vir ‘n dubbel- sowel as enkelbed. Daar is ook ‘n skuifdeur wat op die stoep uitloop waar jy in privaatheid kan kuier. Die aantrekkamer het baie kaste en die en-suite badkamer het ‘n reuse stort, wasbak en toilet. Die ander twee kamers is lig en het ook voldoende ingeboude kaste. Die tweede badkamer word gedeel tussen die twee kamers en het ‘n groot kuier bad, wasbak en toilet.

Buite het jy die geleentheid om self jou kuierarea te beplan maar daar is reeds ‘n jacuzzi asook ‘n boma. Daar kan twee voertuie onder die huis in tandem parkeer en daar is ‘n ideale spasie waar daar ‘n afdak opgerig kan word om parkering te vergemaklik.

Kranspoort het ‘n ideale leefstyl met lekker warm dae in die winter, maar tipiese Bosveld nagte wat snags afkoel. Daar is verskeie wildsoorte o.a. Koedoes, Rooibokke, Swartwitpense, Zebras, Blou Wilde Beeste asook Kameelperde wat vrylik tussen die huise rondloop en verskeie voëls wat tussen die bome baljaar. Die grootste bederf is die stoep waar daar heerlik gekuier kan word of ure se speletjies gespeel kan word. Vir die avontuurlustiges is daar baie om te doen… van gholf of disk gholf speel, verskeie wandelpaaie om van te kies, 4x4 roetes, asook wildbesigtiging. Verder is daar die keuse tussen visvang in die dorp self of by Loskopdam, net 5km weg. Saans is daar ure se kuier en lag om die braaivleisvure terwyl daar skitter blink sterre gekyk word. Kom kyk self en moenie die geleentheid mis om deel daarvan te wees nie! Ek wys jou graag daar!


Map Details


Estate Agent

Willemien Badenhorst

Licensee

Contact Willemien