We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Learn more

3 Bedroom House For Sale in Mookgopong, BSH-RS00840

Detached House | Sale

Area:
97m2
Beds:
3
Baths:
1

Details

EKSLUSIEWE MANDAAT - Pragtige 3-slaapkamerhuis in Die Oog Aftree Landgoed

Hierdie stylvolle en goedversorgde woning is geleë in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed, waar jy werklik saam met die natuur leef. Bokke wat rustig wei en ’n ryk voëllewe dra by tot die kalm, vreedsame atmosfeer wat dié unieke leefstyl skep.

Sodra jy by die hekkie instap, word jy begroet deur ’n netjiese tuin en skaduryke bome wat onmiddellik ’n gevoel van rustigheid en verwelkoming skep. Die patio met ingeboude braai is die ideale plek om gaste te onthaal of rustig te ontspan. Praktiese kantseile kan afgesak of oopgemaak word volgens die weer, wat dié area bruikbaar maak regdeur die jaar.

Vanaf die patio beweeg jy in die ruim oopplan-sitkamer en eetkamer, wat ’n warm, uitnodigende leefruimte vorm. Aan die einde van hierdie area is die kombuis, volledig toegerus met baie kasruimte en ’n gerieflike spens wat genoeg plek bied vir kruideniersware en kombuistoebehore.

Links van die kombuis is daar ’n aparte toilet met wasbak, wat ’n groot praktiese voordeel is aangesien die huis oor een hoofbadkamer beskik, geleë regs in die kort gang. Die badkamer is netjies ingerig met stort, toilet en wasbak.

Die tweede slaapkamer, aan die linkerkant van die gang, is ruim genoeg vir ’n dubbel- of koninggrootte bed en het ’n groot venster wat uitkyk oor die tuin – perfek vir natuurlike lig en vars lug. Die hoofslaapkamer is ’n rustige toevlugsoord met ’n volledige muur ingeboude kaste, ’n groot venster ook met 'n uitsig in die mooi tuin en genoeg ruimte vir ’n koninggrootte bed asook ’n rusbank of gemakstoele.

Vanaf die sitkamer lei ’n deur na die motorhuis, wat omskep is in ’n veelsydige ekstra ruimte. Hierdie area dien tans as ’n derde slaapkamer en kantoor, en huisves ook die wasmasjien en tuimeldroër – ’n wonderlike byvoeging tot die reeds baie praktiese huis.

Die tuin is sorgvuldig en smaakvol uitgelê, vol kleur en karakter. Aan die einde van die binnetuin lei ’n klein hekkie na ’n uitgestrekte grasperk en pragtige rotstuin-terras. Van hier af kyk jy uit oor die boskamp wat aan die grens draad, waar jy lang koffies, kuiers en rustige oomblikke kan geniet terwyl jy deel van die natuur bly – omring deur die sang van voëls en die rustige teenwoordigheid van wildlewe.

Hierdie is ’n pragtige woning, perfek om af te skaal sonder om ruimte of leefkwaliteit prys te gee – ’n plek waar jy jou goue jare in vrede, gemak en genot kan deurbring.


Map Details


Realtor

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contact Suzette